Leer ons ken
Doktor Jacques Potgieter
Dr. Jacques Potgieter is die presiderende pastoor van Woord in Waarheid Bedieninge in Mosselbaai, Wes-Kaap. Hy is ‘n dinamiese en inspirerende geestelike leier wat bekend is vir sy passie om God se Woord te verkondig, en mense na die Here te lei. Deur sy bediening op platforms soos YouTube bereik hy ‘n wye gehoor met bemoedigende boodskappe. Sy preke fokus op geestelike groei en die liefde van God. Dr. Jacques lei die gemeente met ‘n visie om geloof te versterk en ‘n gemeenskap te bou wat gewortel is in die waarheid van die Skrif.
“God seën ‘n poging en nie niks nie!”
Die begin van ons reis
Dr. Jacques Potgieter is in die laat sewentigs in Pretoria gebore en het in ‘n toegewyde Pinksterhuis grootgeword, waar hy van kleins af vertroud was met God se werke en teenwoordigheid. Reeds as kind het hy sy hart aan die Here oorgegee en die salwing van die Heilige Gees op skoolvlak ervaar, wat sy vroeë roeping tot diens aan God bevestig het. As jong volwassene het hy sy vrou, Pastoor Elsabè, ontmoet, en saam het hulle twee kinders, Jacques en Thwanette. Die Potgieter-gesin is ten volle betrokke by die bediening en leef hul geloof met passie uit.
Kleinbrak Gemeenskapsaal en Hartenbos Biblioteeksaal
In 2015 het die Here aan Dr. Jacques en sy vrou ‘n duidelike opdrag gegee om die Woord in Waarheid Bediening in Mosselbaai te stig. Met groot opgewondenheid het hulle vanuit Phalaborwa na Mosselbaai verhuis om die gemeente te begin, wat beskeie van stapel gestuur is met slegs 15 mense, insluitend die Potgieter-gesin, in die Kleinbrak-gemeenskapsaal. Na die eerste diens het die gemeente na die Hartenbos-biblioteeksaal verskuif, waar hulle vir twee jaar byeenkomste gehou het, totdat die gemeente tot 80 lidmate gegroei het.
Waar ons vandag is
Na mate groei plaasgevind het, en die mense in die gang begin staan, seen die Here ons met ‘n groter perseel wat 500 mense kan akkommodeer. Na baie harde werk en met die genade van God, het ons geskuif na ons nuwe perseel, waar ons huidiglik die Here dien. Met die genade van God strek die bediening nou ver en wyd deur Suid-Afrika, met verskeie gemeentes. Met sy sosiale media bediening bereik Dr Jacques duisende, nie net in Suid Afrika nie, maar wereldwyd.










