Bedieninge
Sluit aan by ons familie
By Woord in Waarheid glo ons dat elke bediening ‘n geleentheid is om God te dien en mense te bedien. Ons bedieninge vloei uit ‘n passie om God se liefde sigbaar te maak en Sy gemeente op te bou. Ons nooi almal uit om saam te dien, saam te groei en saam die evangelie uit te leef.
Erediens
Sondag
09h30
Lees meer
Ons Sondagoggenddiens word hoofsaaklik gelei deur Dr. Jacques Potgieter.
Tydens hierdie diens verkondig ons die ware Woord van God, gegrond op die Bybel en in ooreenstemming met die leiding en werking van die Heilige Gees.
Almal is hartlik welkom!
Kidz Kinderkerk
Sondag
09h30
Lees meer
Hier bedien ons kinders vanaf die ouderdom 3 -13 jaar tydens die Sondagoggend diens. Ons leer hulle Bybelse beginsels en rus hulle toe vir die wêreld daar buite, deur deelname aan aktiwiteite soos; saam gesels, sing en speel.
Luk. 18:16 “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.”
Midweek Byeenkoms
Woensdag
18h00
Lees meer
Ons Woensdagaandbyeenkomste wissel tussen evangeliedienste, kuierkerk en lering met lofsang.
Dit is ‘n tyd van geestelike verdieping en gemeenskap, en almal is welkom om deel te wees!
Tiener Jeug
Vrydag
18h00
Lees meer
Alle hoërskool tieners is welkom
Ons kom elke Vrydagaand by die kerk bymekaar. Ons sing uit ons harte, deel die Woord en gesels oor goed wat regtig saak maak!
Daarna raak ons ontslae van al die oortollige energie in ‘n paar “crazy” kompetisies!
Jong Volwassenes
Dinsdag
18h00
Lees meer
Alle enkelopendes wat klaar is met skool is welkom!
Ons kom weekliks by die kerk bymekaar, dan kuier ons “in” en “om” die Woord, met heerlike koffie, tee, en leer mekaar beter ken.
Millennials
Jong Families en Middeljariges
Eenmaal ‘n maand
Lees meer
Die Millennials is ‘n diverse groep wat bestaan uit jong families, enkellopendes en almal wat te jonk voel vir die legends, maar te oud vir die jong volwassenes. Ons kom een keer per maand byeen om te leer, geestelik te groei, lekker te kuier en mekaar beter te leer ken.
Legends
Pensioenarisse
Op gereelde basis
Lees meer
Ons doel is om die senior (55+) lidmate in ons gemeente te bedien met aktiwiteite, soos etes, uitstappies en n jaarlikse kamp. Verder bied ons ondersteuning op geestelike vlak deur gebed en besoeke.
Ons reik ook uit na ander wat nie in ons gemeente is nie, en graag deel wil wees van hierdie groep.
Vroue Bediening
Woensdag
09h30
Lees meer
Ons Vrouebediening is ‘n plek waar vroue bymekaar kom om saam te groei in hul verhouding met God, te leer, mekaar te bemoedig en ondersteun.
Hier vind vroue ‘n geestelike tuiste, vriendskap en inspirasie vir hul daaglikse lewe.
Besigheids Gebedsgroep
Maandag
06h00
Lees meer
Ons is ‘n geestelike groep sakepersone wat elke Maandagoggend saamkom om te bid by die kerk. Ons fokus is om mekaar se besighede, asook die behoeftes van ons as besigheids persone, op te hef en te ondersteun. Benewens gebed bemoedig ons mekaar, en vorm ‘n sterk netwerk van geloofsgegronde sakeleiers wat saamstaan in uitdagings sowel as sukses.
Berading en Bevryding
Soos nodig
.
Lees meer
Woord in Waarheid se Beradingspan is opgeleide Pastore wat in berading spesialiseer. Die berading integreer Sielkundige beginsels met Teologiese en geestelike begrip om ondersteuning en genesing te bied.
Hulle ondersteun individue met kwessies soos trauma, hartseer, angs, verslawings en verhoudingskonflikte deur geloofsgebasseerde hulpbronne soos gebed en God se Woord.
Verder ook om persoonlike groei, genesing en geestelik volwassenheid te bevorder deur individue te help om hul geloof en identiteit binne hul geestelike en godsdienstige konteks te verstaan.
Hospitaal Besoeke
Soos nodig
.
Lees meer
Ons hospitaalbesoek-span bring hoop, gebed en bemoediging aan lidmate en hul families tydens tye van siekte of herstel.
Deur persoonlike besoeke en ondersteuning wil ons mense herinner dat hulle nie alleen is nie, maar deel van ‘n liefdevolle geloofsfamilie.
In Aksie
Sport en Ontspanning
Op gereelde basis
Lees meer
Ons bied Sport en Ontspanning aan in die vorm van Jukskei, Dinsdae en Donderdae, Stap-uitstappies op verskeie roetes, van tyd tot tyd en speel ook “Tenpin Bowling”.
Almal is welkom!
Opleiding
Soos nodig
.
Lees meer
Woord in Waarheid Bybelskool bestaan uit twee afdelings:
Interne opleiding vir ons pastore en leiers om hulle vaardihede op te skerp en relevant te bly in ‘n omgewing wat voortdurend verander.
Ons bied ook eksterne opleiding aan, waar student opgelei word om hulle self te bekwaam vir pastore, gemeenteleiers en beraders. Dit begin met ‘n sertifikaat kursus en gaan nagraads tot by D.Min, D. Th en Phd. Hierdie opleiding word aangebied in Afrikaans en Engels en is inter-denominaal.
Tutorsentrum
Gr1 – Gr12
Maandag – Vrydag.
Lees meer
Woord in Waarheid Tutorsentrum bied ruimte aan kinders op enige spektrum van ontwikkeling (Gr1 – G12) en streef daarna om individuele leerlinge se spesifieke behoeftes aan te spreek. Ons bied ‘n veilige ruimte aan enige kind op enige vlak, kinders met gewone leerprobleme, ADD/ADHA, outisme, disleksie, wat geboelie is, en kinders vir wie groot klasse ‘n uitdaging is.
Ons missie is om elke kind te help om sy/haar potensiaal te ontdek en sodoende die beste weergawe van hulleself te word. Daarmee saam bied ons ‘n sterk Chritelike fondasie vir leerders wat nie noodwendig in ‘n Christelike milieu groot word nie.













